Dis een vir die boeke vir Hoërskool Florida
Die jaarlikse reeks was vir Hoërskool Florida definitief een van die bestes
Vanjaar se Apcan Rugbyreeks was ‘n reuse sukses vir Hoërskool Florida wat as die algehele wenners weggestap het.
Die jaarlikse reeks het vanjaar van 22 Augustus tot 7 September plaasgevind en spelers van verskeie skole aan die Wes-Rand het kragte gemeet.

Die finaal was tussen Hoërskool Florida en Hoërskool Linden, en na ‘n naelbytstryd het Florida met ‘n telling van 26–15 die wedstryd asook die Apcan-trofee gewen.
Flories spog ook met agt leerders wat as deel van die Apcan Rugbyspan na Argentinië gaan toer, waar hulle nie net die Apcan-span gaan verteenwoordig nie, maar ook vir Suid-Afrika.

Die uitslae van die wedstryde wat gedurende die reeks gespeel is, is soos volg:
• Hoërskool Florida wen die halfeindrondte teen Hoërskool Bastion: 17–7
• Florida wen die finaal teen Linden: 26–15

Die spelers wat vir die Apcan-span gekies is, is:
• Dylan Beningfield
• Elzain Walters
• Heinrich Keir
• Kyle Ehrke
• Macneil Lawack
• Morné Barnard
• Petrus Nel
• Ronwen Plaatjies





