Local newsNews

Witpoortjie-motorskou lok besoekers van oraloor

Daar was iets vir elke motorliefhebber, jonk en oud

 

Die jaarlikse skou van klassieke motors op Laerskool Dr Havinga se sportgronde het weereens nie teleurgestel nie.

Dit was die 12de jaar dat die skou aangebied is en besoekers het hulle verkyk aan die 145 klassieke motors en 15 klassieke motorfietse wat uitgestal is.

Noagmotors op hul mooiste. Foto: Halisje Crous.

Daar was iets na almal se smaak – van Beatles tot Mustangs, en selfs ‘n klassieke trekker!

Besoekers is deur die gaskunstenaars, Heidi en Ruan du Toit se musiek en sang vermaak, en daar was boonop groot pryse te wen.

“Vanjaar is die eerste jaar dat ons ook ‘n trekker saam met al die ander motors en motorfietse kon vertoon, en mense het van ver af hierheen gekom. Die dag sou nie moontlik gewees het sonder die 200 lidmate van die NG Kerk Mindalore wat alles georganiseer het nie, en ook nie sonder die eienaars van die pragtige motors nie. Ek bedank graag die NG-gemeente, die twee gaskunstenaars wat bereid was om hier op te tree en ook nog voort te gaan na die oggend se klankprobleme, aan die wonderlike borge wat ons ondersteun het, en ook aan die goeie mense in ons gemeenskap wat die dag saam met ons geniet het,” het Henning Mostert, lidmaat van die gemeente en ook die organiseerder afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button