Roodies se landlopers presteer by kampioenskappe
Laerskool Roodekrans se landlopers hou skool se naam hoog
Laerskool Roodekrans het vanjaar 50 leerders in die landloopliga gehad.
Die landloopspanne het baie goed gevaar en 17 Roodies-landlopers het op 23 Augustus by La Salle College aan die D12-kampioenskappe deelgeneem.
Hulle is:
• o.9-span: Caleb van Wijk , Jan Kruger, Ruben Kleinsmith, Ruvan Ferreira, Schalk van Rooyen en Taya Pelser
• o.10-span: Joshua van Wijk
• o.11-span: Kayleigh Pienaar, Kurt Prinsloo, Lara Erasmus en Sharné Schutte
• o.12-span: Alehandri Theron, Annika Ferreira, Guhan Pelser, Leani Swanepoel, Teégan Smit en Timéke Prinsloo
Agt landloopatlete – Jan, Taya, Ruvan, Kayleigh, Sharné, Alehandri, Annika en Leani – het deurgedring na die Gauteng Kampioenskappe, en het die D12-distrik by Phoenix High School in Vereeniging verteenwoordig.




