School sportSport
Florries-gimnas palm medaljes in
Hoërskool Florida se gimnas presteer op Olimpiese vlak.
Die lenige Hoërskool Florida-leerder, Mareli Theart, het weereens haar skool se naam in gimnastiek hoog gehou.
Mareli het op 16 Augustus aan die Vroue Artistiese Gimnastiekkampioenskappe deelgeneem, en het drie brons- en een silwermedalje verower.
Sy het ook vanjaar ‘n algehele derde plek behaal in die Olimpiese Intreevlak-kompetisie in die ouderdomskategorie van 14 jaar en ouer.




