Laerskool Florida wen die trofee vir die vierde keer
Die onoorwonne Florrie-span het toe vanjaar vir die vierde keer die Super Liga-trofee gewen.
Tien leerders van Laerskool Florida het vanjaar ‘n plek in die Goue Leeus-rugbyspan losgespeel.
Vyf van die spelers is gekies vir die Cravenweek-span, vier spelers vir die XV-tal en een vir die o.12-span. Die spelers is ook gekies om in die 7’s-rugbyspan te speel.

Die spanne het in April begin uitspeel en op 5 Junie in die finale rondte gespeel om die ligawenner te bepaal. Die onoorwonne Florrie-span het toe vanjaar vir die vierde keer die Super Liga-trofee gewen.
“Ons sê graag baie dankie aan ons borge wat ons tydens die liga ondersteun het. Hierdie groep spelers het nooit opgegee nie. Baie geluk aan die seuns wat span gekry het en dat hulle vir die vierde keer ligawenners is. Dit was ‘n voorreg om die span te kon afrig en weereens met julle die oorwinning te kon deel,” het Angelo Liut, afrigter van die o.12-span afgesluit.




