Bastion se skuts palm medaljes in
Vier leerders het saam 15 medaljes by die twee kompetisies ingepalm
Hoërskool Bastion se skyfskietspan het vanjaar tydens die Gauteng Kampioenskappe en by die Gauteng Target Rifle Association (GTRA) & Durban Deep Stage 4-kompetisie op verskillende vlakke goed presteer.
Twee leerders, Michael Berning en Juanco van der Walt, het op 27 Julie aan die Gauteng Kampioenskappe deelgeneem en medaljes vir die skool ingepalm.
Die uitslae is as volg:
• Michael Berning:
Een goue-, drie silwer- en twee bronsmedaljes in die junior mans-afdeling, algehele silwermedalje in die D-klasafdeling en ‘n algehele derde plek in die junior mans-afdeling
•Juanco van der Walt:
Twee bronsmedaljes en ‘n algehele derde plek
Michael en Juanco het op 17 Augustus saam met Estian Hatting en Leané de Klerk hul skool by die GTRA & Durban Deep Stage 4-kompetisie verteenwoordig.
Die uitslae is as volg:
• Leané:
Een bronsmedalje in die Handycap-luggeweerafdeling
•Estian:
Een bronsmedalje in die Handycap-luggeweerafdeling
•Michael:
Silwermedalje in die Handycap-luggeweerafdeling
Silwermedalje in die 3p GTRA-luggeweerafdeling
Gouemedalje in die 10m GTRA-luggeweer afdeling
•Juanco:
Gouemedalje in die Handycap .22-geweerafdeling




