Hoërskool Bastion presteer nie net akademies nie, maar palm ook pryse met hulle sportprestasies in.
• Bastion se o.19A-seunsjukskeispan het vanjaar se skoleliga gewen en is gekies om op 14 September aan die Noordvaal Kampioenskappe in Pietersburg (Polokwane) deel te neem.
Bastion o.19A-jukskeispan, Nieky Zevenster, Wian Horn, Ela Grobler, Devan van der Velde, Dylan Erasmus en Lisa Rinke. Foto: Halisje Crous.
• Die eerstekrieketspan het tydens vanjaar se Noordvaal Kampioenskappe vir Trinityhouse met 37 lopies geklop en sal op 31 Augustus teen Hoërskool Linden speel.
• Bastion se o.15-krieketspan het vanjaar met ‘n groot glimlag weggestap toe hulle vir Trinityhouse Little Falls tydens die liga met 309 lopies kafgedraf het.
)Die lede van die o.15-krieketspan is Sheldon Aldridge, Ronaldo Rossouw, Brendon Botha, Peter Couvaras, Dihan Pieterse (kaptein); (middel) Hilgard Kleinhans (afrigter), Kyle van Zyl, Bairon Smut, Dehan Kruger, Wessel van der Westhuizen (afrigter); (voor) Armand Pretorius, Christiaan Harmse, Warren Scott, Dante Gouws en Juan Venter. Foto: Halisje Crous.
Add Roodepoort Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.