Arno de Beer van Laerskool Helderkruin het op 3 Augustus tydens die Abacus Wiskunde Streekskompetisie baie goed presteer.
Die kompetisie, waaraan groot getalle leerders deelneem om vir die Nasionale Wiskundetoernooi te kwalifiseer, word jaarliks gehou.
Arno het by vanjaar se Abacus-toernooi teen sowat 300 leerders in Gauteng gekompeteer. Hy het die kampioentrofee gewen, sowel as ‘n tweede plek in die diktee-afdeling behaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



