NewsSchools

Hoërskool Bastion se redenaars babbel plek oop in nasionale rondte

Vier van Hoërskool Bastion se redenaarspanne word uitgenooi na die nasionale rondte

 

Agt Hoërskool Bastion-redenaarspanne van Graad 8 tot 12 het by Hoërskool Florida aan die jaarlikse Babbelfees deelgeneem.

Die spanne het baie goed presteer en het die volgende behaal:

• Die Graad 8-span, wat uit Caela Truter, Melissa Basson, Michaela Tolmay en Robyn Raadt bestaan het, het ‘n A+ simbool behaal.

• Die Graad 9-span, wat uit Deidré van der Merwe, Liané de Waal, Tamsin Swart en Suré Pelser bestaan het, het ‘n A++ , eerste plek in die Graad 9-afdeling sowel as ‘n algehele eerste plek in die Graad 8- en 9-afdeling, verwerf.

• Die eerste Graad 10-span, wat uit Marichelle Maritz, Chané Coetzee, Ilze Pretorius en Amalene Pretorius bestaan het, het 67,75 persent behaal.

• Die tweede Graad 10-span, wat uit Elrisca Mertz, Armand Horn, Jacques Oosthuizen en Sonique Basson bestaan het, het 74,25 persent behaal.

• Die eerste Graad 11-span, wat uit Dwayne Griffin, Bridgette Dreyer, Louwrein van Niekerk en Micayla Schoeman bestaan het, spog met 77 persent.

• Die tweede Graad 11-span, wat uit Chizahn Gericke, Luke Kahn, Desiré Wehmeyer en Ethan du Preez bestaan het, het 76 persent behaal.

• Die eerste Graad 12-span, wat uit Anzel Schutte, Tristan Chowles, Monique du Plessis en Ruben Bester bestaan het, het 66 persent behaal.

• Die tweede Graad 12-span, wat uit Cameron Taylor, Matuschka de Jager, Lanya Lourens en Stephen Moolman bestaan het, het 75 persent behaal, asook ‘n algehele tweede plek.

Drie leerders het in die individuele afdeling deelgeneem en ook baie goed presteer – Michaela Ellis kry ‘n A-simbool met 80 persent; Lee-Ann Jansen van Vuuren kry ‘n B+ simbool met 76 persent; en Connor Horak kry ‘n A-simbool met 80 persent.

Vier van die spanne is na die finale rondte van die Oppie Tong Af Nasionale Redenaarskompetisie genooi wat op 3 en 4 Oktober by Midstream Ridge Laerskool gehou word.

“Vorige jare het ons gewoonlik net een span gehad wat na die Nasionale Kompetisie deurgedring het. Vanjaar het ons vier spanne wat na die nasionale rondte toe deurgegaan het. Ons is ongelooflik trots op ons leerders se prestasies,” het Leonie van Kraayenburg, die skool se kultuurhoof afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button