School sportSport

Kruiners se Zanelle skiet haar pad oop na die Gauteng-skyfskietspan

Zanelle sal later vanjaar aan die SA Kampioenskappe deelneem

 

Zanelle Kruger, ‘n Graad 7-leerder van Laerskool Helderkruin, is vir die Gautengse o.14-skoleskyfskietspan gekies.

Sy het ook vanjaar haar Gauteng-kleure in skyfskiet verwerf.

In elke ligawedstryd waaraan sy vanjaar deelgeneem het, het sy die Matrix kwalifiserende puntetelling in haar ouderdomsgroep gehaal, en het haar MQS-knopies ontvang.

In September sal Zanelle aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in Bellville gaan deelneem.

Support local journalism

Add Roodepoort Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button