JC Roux, ‘n Graad 8-leerder van Hoërskool Bastion het baie goed tydens die Abacus-wiskundetoernooi presteer.
Hy is as die Super Kampioen by die Streeks- en die Nasionale Kampioenskappe gekroon en het ook die SA Ambassadeurstrofee ontvang.
JC het alreeds aan vier internasionale kompetisies deelgeneem, onderskeidelik in Indië (2015), Singapoer (2016), Thailand (2017) en Suid-Afrika (2018). Hy gaan later vanjaar aan sy vyfde een deelneem, wanneer hy Suid-Afrika in Dubai gaan verteenwoordig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



