Local newsNews
Vrouedag gevier as ‘My sisters keeper’
NG kerk vier Vrouedag met 'n heerlike ete en omgeeprojek
Die NG Kerk Culembeeck het op Vrouedag die vroue van die gemeenskap met ‘n heerlike ete bederf.
Die vroue is deur Marietta Jonck, die organiseerder van die dag asook dominee Yolandi Kok verwelkom. Terwyl almal heerlik aan die lekkernye gesmul het, het hulle na ‘n spesiale toespraak deur die gasspreker, Audrey du Plessis geluister.
Die tema van die dag is deur die film My sister’s keeper geïnspireer en elke vrou kon met ‘n hoed en handsak gaan spog.
Tydens die funksie is sanitêre ware ingesamel wat aan NG Welsyn geskenk is vir vroue wat dit nodig het, ‘n omgeepakkie te kan gee.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



