Local sportSport

Newlands-bokser maak sy klub trots by SA’s

Newlands-bokser boks sy plek oop tot in die SA's en wen ook 'n sak vol medaljes

 

Vir die eerste keer in 15 jaar het ‘n bokser van die Newlands Sport Academy na die Suid-Afrikaanse Bokskampioenskappe deurgedring.

Die 18-jarige Jonathan Bothma het tydens die Youth Boxing League uitgeblink en vir deelname aan die Gauteng-kampioenskappe gekwalifiseer, waar hy ‘n silwermedalje verower het.

Hy het daarna van 2 tot 7 Julie aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in Kimberley deelgeneem. Daar het hy die eerste rondte van die kampioenskappe gewen en in die finaal ‘n silwermedalje verower.

Shorne Moorcroft, die hoofafrigter by Newlands Sport Academy, wat al 50 jaar lank by die sport betrokke is, is ook as die Voorsitter van die Gauteng Boksunie aangewys.

Related Articles

Back to top button