Jong kampioen sê skaakmat!
Laerskool Helderkruin-leerder ontvang SA-kleure vir die derde jaar
‘n Laerskool Helderkruin-leerder, Edward Potgieter het vanjaar aan die Suid-Afrikaanse Skaak Ope-toernooi deelgeneem.
Tydens die toernooi wat in Kimberley plaasgevind het, het Edward ‘n algehele derde plek in die Ope-afdeling en ‘n vyfde plek in die SA o.13 Skole-afdeling verwerf. Hy het ook vir die derde agtereenvolgende jaar sy SA-kleure verower. Dié prestasies het meegebring dat hy na die World School Individual-kampioenskappe genooi is wat aanstaande jaar in Lima, Peru gehou gaan word.
Edward is ook genooi om vanjaar – vir ‘n tweede keer – aan die World Cadets-skaakkampioenskappe deel te neem wat van 14 Augustus tot 5 September in Weifang in China gehou gaan word.




