School sportSport
Florida-leerders verteenwoordig SA oorsee
Twee leerder van Hoërskool Florida het Suid-Afrika in Europa en die VSA verteenwoordig.
Twee leerders van Hoërskool Florida het vanjaar hul land en skool oorsee verteenwoordig.
Morné Pretorius, Graad 11, het Suid-Afrika in Maart by die Afrika Kontinentale Stoeikampioenskappe in Tunisië en Europa verteenwoordig. Hy het ook in die Junie-skoolvakansie vir die derde maal sy SA-kleure verwerf.

Juandré Visser, Graad 8, het saam met die Suid-Afrikaanse-span in New York aan Talent America deelgeneem. Hy het ‘n tweede plek vir sy ongedramatiseerde gedig verwerf, asook ‘n tweede plek vir sy dramatiese monoloog.




