School sportSport
Florries se netbal is aan die brand
Hoërskool Florida spog met pragtige netbalprestasies
Tydens die nasionale netbaltoernooi wat vanjaar by Hoërskool EG Jansen plaasgevind het, het Hoërskool Florida se netbalspelers op vele vlakke presteer.
Graad 9-leerder Raquel Njela het ‘n gouemedalje, Graad 8-leerder Crystal-Leigh Schaper het ‘n silwermedalje en Nicole Barry, ‘n Graad 12-leerder, het ‘n brons spanmedalje verower.
Graad 12-leerder Claudia Aggenbacht was deel van die SA o.18-span en het in die Top 40 geëindig. Sy het ook ‘n uitnodiging na die o.21 Junior Proteakamp ontvang.
Aliesha Theron, die afrigter van die Gautengse o.16-netbalspan, het ‘n tweede plek tydens die Nasionale Kampioenskappe behaal.




