Hoërskool Florida spog met talle leerders wat op verskeie gebiede presteer het.
Suné Toerien, Graad 10, het agste in die D12-skaakkampioenskappe geëindig. Sy het ook vir deelname aan die National School Summer Games gekwalifiseer en as deel van die Gauteng-Skaakspan in Durban deelgeneem.

Ruan Delport, Graad 10, het aan die afgelope SA Judo-Ope Kampioenskappe by Emerald Casino in Vanderbijlpark deelgeneem. Hy het ‘n bronsmedalje vir Kata, ‘n silwermedalje in spanverband en vierde plek individueel, behaal.
Simoné van Staden, Graad 10, het haar Royal Schools Graad 5 eksterne sangeksamen met ‘n goue stem geslaag.

Johan van Heerden, Graad 11, het ‘n eerste plek vir die Kol en Vergooi-kompetisie tydens die Varswater Oewerhengel Vereniging se Sentraal Noord-Wes Kampioenskappe behaal.
Nicole le Roux, Graad 11, het by die Arnold Classic Kickboxing-kampioenskappe twee gouemedaljes verower.




