Local newsNews

Speel ‘n rondte vir Brodie

Gemeenskap word genooi om Brodie te ondersteun

 

Beskou jy jouself as ‘n bobaas gholfspeler met ‘n hart vir liefdadigheid? Dan is hierdie geleentheid nét vir jou.

Die gemeenskap en besighede word uitgenooi om ‘n spesiale gholfdag te kom geniet wat deur Candy Cloud in samewerking met Future Care Africa op 27 Augustus by Ruimsig Gholfbaan gehou gaan word.

Registrasie open om 10vm en die eerste spelers slaan om 11.20vm af. Kostes beloop R2 500 per vierbal wat in die Better Ball-formaat gespeel gaan word. ‘n Gholfkar is uitgesluit. Om ‘n putjie te borg, kos R1 500.

Die gholfdag is ‘n fondsinsameling vir Brodie Snyman, wat serebraal gestrem is. Alhoewel Brodie se ouers ‘n mediese fonds het, dek dit nie al sy medikasie en behandeling nie. Hulle benodig ‘n bedrag van R108 000 vir mediese behandeling, wat nie sy maandelikse medikasie insluit nie.

Deelnemers sal ook tydens die gholfdag skenkings kan doen, en aan die verskeie pretaktiwiteite deelneem.

Vir enige verdere inligting, besprekings, deelname of donasies, kontak Dori-Anne by 082 383 4515 of per epos dori@candycloud.co.za.

Vir meer inligting oor Brodie, besoek sy Facebook-blad, https://www.facebook.com/brodiesnymanjourney/.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button