Stephen Nhlapo, een van Hoërskool Bastion se algemene werkers, het sy 13de Comrades Marathon voltooi.
Hy het die 86,83km vanaf Durban na Pietermaritzburg in 10 uur 47 minute en 21 sekondes voltooi. Stephen het in Groep E (mans 40–49 jaar) meegeding.
Uit die sowat 25 000 deelnemers het hy –
• algeheel in die 8 804e plek geëindig
• 7 624e onder die mans geëindig
• 3 090e in sy kategorie geëindig
“Baie geluk, Stephen, ons is trots op jou,” het die skool op hulle Facebook-blad gesê.




