Christiaan Naudé, ‘n leerder van Laerskool Helderkruin het tydens die afgelope eksamen nie net hard geleer nie. Hy het ook met sy musiektalent gewoeker.
Christiaan het by die NEA Young Performers Awards-kompetisie in die Graad 4–6 instumentale kategorie deelgeneem. Hy het tjello gespeel en is as die wenner aangewys. Met hierdie prestasie het hy vir deelname aan die JHB Music Festival se Gala-aand gekwalifiseer, waar hy as die beste stryker (12 jaar en jonger) aangewys is.
Christiaan is ook gekies om op 20 Julie as solis saam met die Johannesburgse Simfonie-orkes in die Linder Ouditorium op te tree.
Hy het boonop sy Associated Board of the Royal Schools of Music (ABRSM) Graad 4-klaviereksamen afgelê.
Hanli-Mari Olivier, die skool se skakel- en bemarkingsbeampte, het gesê, “Welgedaan Christiaan, ons is baie trots!”




