Local newsNews
Die Rekord is opsoek na ‘n joernalis!
Die Roodepoort Record is opsoek na 'n joernalis om by die Caxton Local Media Wesrand tak aan te sluit.
Het jy ‘n passie vir nuus?
Lê die gemeenskap jou na aan die hart, gee jy om vir jou gemeenskap en is jy absoluut sport-mal?
Roodepoort Record wag aansoeke in van toepaslik gekwalifiseerde en ervare kandidate wat aan die volgende vereistes voldoen:
Vereistes:
- ‘n Graad of diploma in joernalistiek sal voordelig wees
- Uitstekende skryf- en praatvaardighede in Afrikaans en Engels
- Veelsydigheid om alle soorte nuus te dek, insluitend sport, gemeenskap, skole en harde nuus wat ondersoeke/ navorsing vereis
- Minstens vyf (5) jaar ervaring in ‘n soortgelyke omgewing
- Rekenaargeletterdheid
- Moet gewillig wees om Roodepoort toe te verhuis
- Moet gewillig wees om oor naweke en oortyd te werk
- ‘n Deeglike begrip van spertye en die vermoë om onder druk te werk is noodsaaklike vereistes
- ‘n Geldige rybewys en eie betroubare vervoer is verpligtend
- Goeie mensvaardighede en die vermoë om in spanverband te werk
Ons bied:
Basiese salaris
Petroltoelae
Pensioen-/ Voorsorgfonds
Indien jy belangstel en wil aansoek doen, epos jou CV na jpeach@caxton.co.za. Aansoekers moet ‘n dekbrief aanheg waarin hul geskikheid aan die hand van die keuringskriteria en CV uiteengesit word.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



