Hoërskool Bastion spog met twee leerders wat na afloop van die netbal- en hokkieproewe in die Suid-Gautengspan opgeneem is.

Thelma Ncgake is in die o.18-netbalspan opgeneem wat tydens die komende skoolvakansie aan die Nasionale Kampioenskappe gaan deelneem.
Palesa Moabelo is in die o.18C-hokkiespan opgeneem en gaan aan verskeie toernooie in die skoolvakansie deelneem.




