NewsSchools

Florrie-skaakspelers maak al die regte skuiwe

Al die spelers het hul beste gegee

 

Hoërskool Florida se skaakspelers het aan verskeie skaaktoernooie deelgeneem, en uitstekend presteer.

Tydens die toernooi wat by Trinityhouse gehou is, het hulle gelykop (agt elk) gespeel. Al die spelers het hul beste gegee, wat vir uitstekende wedstryde gesorg het.

Daarna het die skaakspelers aan die Roodepoortse Individuele Skaakkampioenskappe deelgeneem en die volgende prestasies behaal:

• Linmari Krüger behaal ‘n eerste plek in die kategorie vir o.19-meisies.

• Suné Toerien het ‘n eerste plek en Louise Kemp ‘n tweede plek in die kategorie vir o.17-meisies behaal

• Jesse Britz was derde by die o.17-seuns en Sebastian Coetzee was derde by die o.15-seuns.

Met hierdie prestasies het hulle vir deelname aan die D12 Individuele Skaakkampioenskappe gekwalifiseer wat op 11 Mei plaasvind.

C-Moné Nortjé, Christie Havenga, Calina Nortjé en Sebastian Pretorius het ook vir deelname aan die D12-toernooi gekwalifiseer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button