School sportSport

Florrie-skuts tref weereens die kol

Hulle het uitstekend presteer.

 

Drie skuts van Hoërskool Florida, Johan van Heerden, Nadine Nel en Caitlin Oelofse het baie goed presteer by die afgelope SAARA Gauteng Opeliga.

Caitlin het aan die 10M Olimpies vir o.20-vroue asook die 3P vir o.20-vroue deelgeneem, en twee gouemedaljes verower.

Nadine het ‘n silwermedalje in die 10M Olimpies vir o.20-vroue en ‘n bronsmedalje in die 3P vir o.20-vroue verower.

Caitlin is tot die Junior Protea-span verkies, en Nadine is as lid van die SACSCOC Ontwikkelingspan gekies wat in Suhl, Duitsland en aan die ISSF Junior Wêreldbekerwedstryd in Julie gaan deelneem.

Related Articles

Back to top button