Anzell Vorster, die Graad 5-leerder van Laerskool Roodekrans wat twee weke gelede saam met haar ma en pa in ‘n gru-ongeluk naby Lanseria betrokke was, sterk goed aan.
Haar pa, Hanno, is in die ongeluk dood en haar ma, Carina het ook ernstige beserings opgedoen.
Lees meer hier:
https://roodepoortrecord.co.za/2019/03/12/gru-ongeluk-eis-roodies-leerder-se-paroodies-leerder-verloor-pa-in-motorongeluk-web/
Volgens Theolene Pienaar van die skool gaan dit onder omstandighede goed met Anzell en Carina. “Carina is na dieselfde hospitaal as Anzell oorgeplaas, en ons is baie dankbaar dat mamma en dogter nou saam in die Life Fourways Hospitaal is. Anzell is van die ventilator afgehaal en sterk mooi aan. Die dokter is baie tevrede met haar vordering. Mamma Carina herstel baie goed, en is na ‘n gewone saal oorgeplaas.”
Sy het die gemeenskap versoek om steeds vir die gesin te bid, en het gesê, “Die gesin het al die ondersteuning en omgee nodig om hulle deur hierdie moeilike, emosionele tyd te dra”.




