Laerskool Roodekrans se 0.13-netbalspan het aan die Krugersdorp High School-netbaltoernooi deelgeneem en baie goed gevaar.
Hulle het vier van hulle ses wedstryde gewen. Die uitslae was soos volg:
• Cornwall Hill College: 16–0 (wen)
• Laerskool Garsfontein: 9–14 (verloor)
• Laerskool Krugersdorp-Noord: 14–3 (wen)
• Laerskool Elarduspark: 11–5 (wen)
• Laerskool Helderkruin: 8–9 (verloor)
• Laerskool Randhart: 14–6 (wen)




