Hoërskool Bastion spog met agt atlete wat vir deelname aan die Gauteng Atletiekkampioenskappe gekwalifiseer het.
Hulle is:
• Jeanine Maritz
• Tazmin Rossouw
• Louis Viljoen
• Thelma Ngake
• Dominique Smit
• Chené Wewege
• Lucky Mazibuko
• Daniel Button
Volgens Quintis Writes, die atletiekorganiseerder, het heelwat meer atlete as verlede jaar gekwalifiseer, wat op ‘n verbetering in die atletiekstandaard dui.

“Die atlete het almal tydens die D2-kampioenskappe by Hoërskool Noordheuwel gekwalifiseer. Ons het vyf eerste plekke en drie tweede plekke behaal,” het hy gesê.
Quintis het bygevoeg dat hy trots is op al die atlete. “Dit is nie ‘n maklike kompetisie nie maar ek wil graag sien dat al die atlete alles sal uithaal om hul persoonlike beste tye en afstande te verbeter en nie noodwendig net oor plekke bekommerd sal wees nie.”
Atlete wat by die Gauteng Atletiekkampioenskappe ‘n eerste of tweede plek behaal, kwalifiseer vir die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe.




