School sportSport

Blink toekoms wag vir jong Laerskool Claremont-atleet

Hy kwalifiseer vir deelname aan die Sentraal-Gauteng Kampioenskappe

 

Die 11-jarige Kenny Nkosana, ‘n leerder by Laerskool Claremont het sy skool se naam hoog gehou tydens die afgelope Johannesburg-Noord Atletiekbyeenkoms.

Die byeenkoms het by die Ruimsig Stadion plaasgevind, en Kenny was die enigste atleet van dié laerskool wat deelgeneem het.

Hy het aan die hoogspring, 150m- en 100m-naelloop deelgeneem en ‘n gouemedalje in elke item verower. Dit is voorwaar ‘n groot prestasie aangesien hy geen formele afrigting ontvang het nie.

Hy is ook dan die enigste Laerskool Claremont-atleet wat vir deelname aan die Sentraal-Gauteng Kampioenskappe in Germiston gekwalifiseer het.

Related Articles

Back to top button