Mev Afrika ontvang ‘n splintenuwe ryding
Die motor is deur Williams Hunt Roodepoort geborg
Reinette Herbst wat onlangs as Mev Afrika 2019 gekroon is, het op 6 Februarie ‘n baie groot geskenk ontvang.
Williams Hunt in Roodepoort het ‘n splinternuwe Opel Grandland 1.6T Cosmo aan haar oorhandig. Reinette het gesê, “Ek is sprakeloos oor hierdie groot geskenk en kan nie genoeg dankie sê nie. Dit is ‘n groot eer om Williams Hunt as een van my borge aan boord te hê. Ek is absoluut mal oor my nuwe ryding!”

Tian Venter, een van die bestuurders by die motorhandelaar het gesê, “Ons hoop dat jy baie veilige kilometers met hierdie nuwe motor sal hê”.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



