NewsSchools

Leierskapkursus sorg vir groot pret by Laerskool Helderkruin

Dié kursus het gehelp om hul leiereienskappe te ontwikkel

 

Die Graad 7-leiers van Laerskool Helderkruin het onlangs die geleentheid gehad om hul leiereienskappe te verbeter.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het in samewerking met Manie Botha van School of Life en die sanger Brendan Peyper dié skool besoek.

Die Graad 7-leiers het hul kursus baie geniet. Foto’s: Verskaf.

“Dit is vir AfriForum belangrik om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak en hoop in ons skole te skep. Vandag se kinders is die leiers van môre – elke kind verdien leiding om hul leiereienskappe te ontwikkel,” het Leandie Bräsler, AfriForum se koördineerder vir leierskapsontwikkeling gesê.

Manie Botha van die School of Life het bygevoeg dat dit noodsaaklik is om deur opleiding, rigtinggewing en ondersteuning in jongmense te belê. “Só help ons om vandag en in die toekoms leiers te skep. Dit bly ’n voorreg om só met ouers, onderwysers en die gemeenskap hande te vat.”

Die bekende Afrikaanse sanger, Brendan Peyper het ‘n spesiale boodskap aan die leiers oorgedra. “Wees selfversekerd oor jou uniekheid en moenie voel dat jy iemand moet naboots om jou identiteit te vind nie – vind eerder jou identiteit in jouself en in God.”

Manie Botha (School of Life) gesels met die leiers van Laerskool Helderkruin.

Elaine Steyn, onderwyseres en voog van die boelieraad by die skool, het met die volgende woorde afgesluit, “Leierskap is ’n keuse – ’n leier word nie noodwendig gebore nie en kan ook gevorm word. By Laerkool Helderkruin word alle Graad 7-leerders as leiers verkies en dan in verskillende taakrade verdeel, sodat elke leerder ’n geleentheid kry om hul leiereienskappe te ontwikkel. Daar is onder andere ‘n sport-, boelie-, kultuur-, sosiale en gemeenskapsraad.”

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button