Hoërskool Bastion se jaarlikse groentjiekonsert wat die gehoor van begin tot einde vermaak het, was weereens ‘n reuse sukses.
Die groentjies het hul beste danspassies en akteursvernuf op die verhoog ten toon gestel, en het op die maat van polsende musiek en flitsende ligte die storie uitgebeeld van die nuwe Graad 8-leerder wat sy plek by die skool vind.

Die leiers het ook hul eie spesiale item gehad, wat hulle uitbundig opgevoer het.
Daar was drie vertonings in die week van 22 tot 24 Januarie. Die hoogtepunt was beslis die Graad 8’s se Capping-seremonie waarmee die Gala-aand afgesluit is en waartydens hulle as ware Bastionners verwelkom is.

Tazmin Rossouw, ‘n Graad 12-leerder, is ook bedank omdat sy die draaiboek vir die konsert geskryf het.





Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!



