NewsSchools

Kruiners spog met skaak-foendie

Hy het 120ste in die wêreld geëindig

 

Edward Potgieter, ‘n Graad 4-leerder van Laerskool Helderkruin, het aan die World Cadets-skaakkampioenskappe in Spanje deelgeneem.

Spelers uit 78 lande het aan hierdie kompetisie deelgeneem en Edward het Suid-Afrika met trots verteenwoordig. Uit die 11 wedstryde waaraan hy deelgeneem het, het hy vier gewen en twee gelykop gespeel. Hy het 120ste in die wêreld geëindig.

“Dit is voorwaar ‘n spog prestasie om teen die wêreld se bestes so goed te vaar. Baie geluk, Edward!” het Hanli-Mari Olivier, die skool se skakel- en bemarkingsbeampte gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button