Local newsNews

Roodepoort Bybelskool vier 21 jaar in styl

Ongeveer 100 gaste het die reën getrotseer om die 21ste bestaansjaar van die Roodepoortse Bybelskool te vier.

Dié geskiedkundige geleentheid is deur die Bybelskool se stigterslede, dominee Herman Retief en sy vrou Cecile, asook Dirk en Gesina van Greuning bygewoon. Onder die ander gaste was verskeie predikante en hul eggenote, huidige studente en hul gesinne, oudstudente asook lidmate van die NG Kerk Horison-Noord.

Twaalf studente het die Bybelskool-diploma verwerf en agt studente het die sesjaarkursus voltooi waarvoor hulle ook ‘n spesiale toekenning ontvang het.Dominee Arnold Smith, Mariaan Hohls asook dominee Fanie le Roux was die gaskunstenaars wat die gaste met pragtige sang en vioolmusiek vermaak het.

Die aand is met ‘n heerlike ete afgesluit, waarna almal gesellig saam gekuier het.

Die klasse sal weer in Januarie aanstaande jaar hervat word. Dit word op Donderdagaande van 7nm tot 9nm by die NG Kerk Horion-Noord, op die hoek van Crane- en Hawkstraat aangebied.Vir meer inligting, kontak Koos Greyvenstein by 083 486 1969 of besoek die webwerf by https://www.roodepoortbybelskool.com.

Twee van die Bybelskool se stigters, Dirk van Greunen en dominee Herman Retief. Foto’s: Verskaf.

 

Fanie le Roux (regs) het saam met vriende die gaste met pragtige musiek vermaak.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button