Laerskool Helderkruin se Graad R-leerders, of Kruiner Klitsies soos hulle bekend staan, het onlangs graad gevang.
Hul gradeplegtigheid het op 20 November by die NG Kerk Roodekrans plaasgevind. Terwyl menige ouer ‘n traan of twee weggepink het, was die kleuters baie opgewonde om aanstaande jaar Graad 1 by die grootskool te begin.
Om die geleentheid nog meer spesiaal te maak, moes elke kleuter die vraag, ‘Wat wil ek eendag word wanneer ek groot is?’ beantwoord, en hul antwoorde het vir groot pret en breë glimlagte gesorg.
Alhoewel daar heelwat brandweermanne, polisiemanne en -vroue, dokters, veeartse en onderwysers was, was daar ook ‘n paar onkonvensionele antwoorde, soos Deadpool, Spiderman, Batman, ‘n babavanger, ‘n seerower en ook ‘n polisievrou (wat skelms vang)!










Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



