
Die leerders en personeel van Laerskool Dr Havinga het onlangs hul skoolhoof, Leon Visser, se verjaardag op ‘n spesiale wyse gevier.

Leon, wat sy 60ste verjaardag op 3 Desember vier, was verras toe dié spesiale dag ‘n bietjie vroeër gevier is.”Die Havies kon nie wag om hom ‘n gelukkige verjaardag toe te wens nie. Op 19 November het ons toe ‘n erewag vir ons hoof gestaan, net om hom te wys hoe belangrik hy in ons lewens is,” het Anesta Zevenster, die skool se bemarkings- en skakelbeampte gesê.

Leon het onder luide toejuiging van die leerders agterop ‘n bakkie op die sportveld aangekom, en was oorstelp van vreugde. Hy was ook baie in sy skik met die geskenke en verjaardagkaartjies wat hy ontvang het.
En, soos dit enige ordentlike verjaardagpartytjie betaam, is die dag se feesvieringe met heerlike roomys en lekkernye afgesluit.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



