NewsSchools

Havies kondig nuwe hoofleiers aan

Hul name is tydens die prysuitdeling bekend gemaak

 

Laerskool Dr Havinga het die name van hul hoofleiers vir 2019 tydens die onlangse Graad 6-prysuitdeling bekend gemaak.

Caylin Humphreys en Miguel Charlez is as hoofdogter en -seun verkies.

Die onderhoofleiers is Juandré van den Heever, Keanu Weaver, Braydon Strydom, Dané van Rooyen, Chenelle Axsel en Carmon Mattheus.

Die leierkorps vir aanstaande jaar is almal tydens die Leierinhuldigingsfunksie amptelik as leiers van die skool ingehuldig.

Dit was ‘n groot voorreg vir elke leerder om die leierooreenkoms te onderteken, en hul baadjies van hul ouers te ontvang.

Die huidige hoofleiers het by hierdie geleentheid amptelik die leisels aan die nuwe hoofseun en -dogter oorgegee toe hulle die skild aan hulle oorhandig het.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button