NewsSchools

Florries se Kersmark was weereens ‘n groot sukses

Die mark is baie goed ondersteun.

 

Hoërskool Florida se populêre Kersmark, wat vir die vierde keer aangebied is, was weereens ‘n baie groot sukses. Daar wat iets vir almal.

Roné Potgieter en Mari Janse van Rensburg wat die mark gereël het, het gesê dat hulle baie tevrede is met die wyse waarop vanjaar se Kersmark afgeloop het. “Dit was die eerste jaar dat ons meer as 60 stalletjies gehad het, en ook die eerste jaar dat ons die motorskou aangebied het. Die motorskou het ongeveer 70 inskrywings gehad,” het Mari gesê.

Roné Potgieter en Mari Janse van Rensburg was deel van die organisasiespan.

Sy glo dat niemand wat by die mark was, met leë hande huis toe is nie.

Daar was nie net stalletjies met pragtige handgemaakte produkte nie, maar ook ‘n groot verskeidenheid kosstalletjies wat pannekoek, boereworsrolle, spookasem, snow cones en nog baie meer te koop aangebied het.

Wolwe-Dans, die Afrikaanse rock-duo, het tydens die motorskouprysuitdeling opgetree.Die skool se rugby- en netbalspanne het aan klinieke deelgeneem, en die netbalmeisies het ‘n stalletjie gehad wat deel van hulle netbalfondsinsameling was.

Nathan en Zaydin Bezuidenhout het baie pret by die Kersmark gehad.

“Dankie vir almal se ondersteuning en harde werk, sonder julle sou die mark nie suksesvol kon wees nie. Ons wil ook net ‘n groot dankie sê aan elkeen wat hul motor gebring het om aan die motorskou deel te neem. Ons sal dit definitief aanstaande jaar weer doen,” het Mari afgesluit.”

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button