Groot bederf net voor Kersfees
Die geld word gebruik om die mense van Claremont te bederf
Residentia Ons Huis en die NG Kerk Quellerina het ‘n vroeë Kersgeskenk van die ATKV Quellerina-tak ontvang.
Volgens Dirk Maritz, voorsitter van die ATKV Quellerina-tak, hou die organisasie elke jaar ‘n konsert om geld in te samel. “Ons skenk reeds die afgelope vyf jaar geld aan die ouetehuis,” het hy gesê.
Ds Phil Gräbe het vertel dat hulle die R5 000 gaan gebruik om die minderbevoorregte mense in Claremont te bederf. “Baie van die inwoners was nog nooit met vakansie nie, daarom gaan die geld ook aangewend word om hulle met ‘n vakansie te bederf.”
Residentia Ons Huis het R10 000 ontvang wat hulle gebruik om inwoners te help wie se pensioen nie meer genoeg is om in hul behoeftes te voorsien nie.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!



