Local newsNews

AfriForum Roodepoort help om vermiste kleuter te vind

Sewe buurtwaglede het aan die soektog deelgeneem.

 

Lede van AfriForum se Roodepoort-buurtwag was onlangs betrokke by die soektog na ‘n vermiste kleuter.

Volgens Fanie Naudé, die voorsitter van die Roodepoort-tak het hulle die nuus oor die vermiste vyfjarige kleuter op 12 November ontvang.

Lees ook:

https://roodepoortrecord.co.za/2018/03/18/update-search-still-missing-roodepoort-toddler/

Sewe AfriForum-lede het saam met ‘n groot aantal Sektor 2 GPF-lede aan die soektog deelgeneem.

Die vermiste seuntjie is ongeveer ‘n uur later by ‘n Engen-vulstasie gevind – ‘n taamlike afstand van waar hy vermis geraak het.

“Ons is dankbaar dat ons die mannekrag beskikbaar gehad het en kon help om die kind veilig op te spoor,” het Naudé gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button