Wesrand-stoeiers wys hul staal op die mat
Hulle spog met drie SA-kampioene
Agt van die Wesrand Stoeigimnasium (WSG) se stoeiers het aan die afgelope Suid-Afrikaanse Jeug Stoeikampioenskappe deelgeneem.Die kampioenskappe het in Kaapstad plaasgevind en die stoeiers het teen baie sterk opponente te staan gekom. Hulle moes uithaal en wys om te verseker dat hulle goed presteer maar het nooit moed verloor nie. Hulle het nie afgewyk van dit wat hulle geleer het nie en het ses medaljes – vier goud, een silver en een brons – huis toe gebring:
• Johan Heyns het twee gouemedaljes in onderskeidelik die o.15 Vrystyl en die Grieks-Romeins verower
• Tylor Burkett het ‘n gouemedalje in die o.10 Vrystyl verower
• Rick van der Berg het ‘n gouemedalje in die o.9 Vrystyl verower
• Celine van Reede van Oudtshoorn het ‘n silwermedalje in die o.11 Vrystyl verower
• Tiaan Classen het ‘n bronsmedalje in die o.13 Vrystyl verower
Juan Nel, WSG se hoofafrigter, het gesê dat hy baie tevrede was met die uitslae, “Die stoeiers het ongelooflik goed gevaar en ons klub se naam hoog gehou. Hulle harde werk is definitief beloon.
“Die WSG-stoeiers oefen Maandae en Woensdae van 6nm tot 8nm by die Witpoortjie Ontspanningsentrum en almal van vier tot 40 is welkom. Vir meer inligting, kontak Juan Nel by 083 411 3758, Herman Engelbrecht by 084 522 9286 of besoek hulle Facebook-blad (https://www.facebook.com/wesrandstoeigim/?ref=br_rs).
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!



