Editor's choiceLocal newsNews

VEK Wilropark beplan ‘n groot makietie

Daar is nog vlooimarkstalletjies en potjiekosinskrywings beskikbaar

 

Die Volle Evangelie Kerk van Wilropark se jaarlikse vlooimark en potjiekoskompetisie word op 27 Oktober gehou. Dit beloof om weereens groot pret vir almal te wees.

Daar sal talle vlooimarkstalletjies en hope kindervermaak wees, en Bosveld Stereo en Leonard Lang gaan sorg dat besoekers die dag geniet.

Die groot trekpleister is natuurlik die potjiekoskompetisie, waar deelnemers kontantpryse van R500 tot R3 000 kan wen.

Johan Engelbrecht van die kerk het gesê, “Ons het nog heelwat vlooimarkstalletjies beskikbaar en benodig ook nog inskrywings vir ons potjiekoskompetisie. As jy voel jy is ‘n bobaas-potjiemaker, dan is dit jou kans om dit aan almal te bewys.”

Vaatjie (van Toks & Tjops-faam) en John-Henry van Kampkos sal die beoordelaars wees.

Vir meer inligting, kontak Johan by 060 716 1220, Pam by 083 306 9699 of Jeanette by 079 331 5238.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button