‘n Tweede plek vir Kruiners se Janike
Sy eindig tweede in die land in haar ouderdomsgroep
Janike Meintjies, ‘n Graad 1-leerder van Laerskool Helderkruin het onlangs aan die Suid-Afrikaanse Gimnastiek Spele in Pretoria deelgeneem.
Sy het in haar ouderdomsgroep algeheel tweede in die land geëindig.
Hanli-Mari Olivier, die skool se skakel- en bemarkingsbeampte het gesê, “Janike spandeer ongeveer 25 uur (ses dae) per week aan gimnastiekoefening en haar harde werk is beslis beloon. Baie geluk!”
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



