
Ek wil die bikers se kant van die saak stel aangesien soveel mense nou praat.
Ons bikers is gevra om die seun van sy huis tot by die skool te begelei – nie om ander bang te maak of ander te boelie nie. Kyle het sy broer ‘n rukkie terug verloor deur dieselfde as wat hy nou deurgaan en hy sukkel om dit te verwerk. Ons het almal by sy huis bymekaar gekom om hom gerus te stel dat hy nie alleen is nie en dat daar mense is wat omgee en daar is om te help.
By die skool het ons bikers ‘n gebed opgesê vir die kinders in dieselfde bootjie en selfs vir die kinders wat boelies genoem word. Die bikers was nêrens met die motorfietse op die skoolterrein nie. Almal was in die straat, net die president van die klub het saam met hom ingeloop om sy tas neer te sit.
Soveel mense het dit geniet met al die bikers daar en die kinders was mal daaroor. Nêrens het iemand of iemand se besittings skade gely nie.
Bikers is nie slegte mense nie, dit is ‘n brotherhood wat saam staan vir almal en vir mense wat in nood is. Hoeveel welsynswerk doen die bikers nie vir Boystown of teen kindermishandeling of goed wat nie reg is nie? Ons doen dit oor ons almal saamstaan.
Ja, ek en my man is deel van die bikers en ons was daar, want ons kinders is self in daardie skool. Ons doen alles met liefde vir ons medemens, maak nie saak wat die omstandighede is nie.
Die bikers was nie daar om enige iemand te intimideer nie, ons was daar vir ondersteuning.



