Florrie-matrieks groet by spoggeleentheid
Dit was 'n aand wat nie gou vergeet sal word nie
Hoërskool Florida se matriekleerders het op 28 September met hul spoggerigste aandrokke en -pakke by Usambara opgedaag om hul skoolloopbaan vaarwel toe te roep.
By hierdie funksie, wat ‘n hoogtepunt op elke matriekleerder se kalender is, het die matrieks die geleentheid aangegryp om vir oulaas, voor hulle met die eindeksamen begin, ‘n heerlike aand saam met hul vriende deur te bring, en hulle het tot laat gedans en gekuier.
“Ons glo dit was ‘n heerlike aand wat die matriekleerders nie gou sal vergeet nie,” het Morné Hanekom, die skool se skakel- en bemarkingsbeampte gesê.




Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



