Kruiners se spellers is WOW!
Sewe leerders dring deur na die Nasionale rondte
Laerskool Helderkruin was weereens die gasheer vir die provinsiale uitdunrondtes van die jaarlikse Sanlam WOW-spelfees.
Meer as 200 leerders van Graad 1 tot 10 het aan die kompetisie deelgeneem, en hul uitstekend van hul taak gekwyt. Afrikaans- en Engelssprekende Graad 6-leerders het die geleentheid gekry om hul staal te toon.

Ses leerders van Laerskool Helderkruin het na die nasionale rondte in Stellenbosch deurgedring.
Hulle is:
• Liané Kruger (Graad 1)
• Ruan Kruger (Graad 3)
• Hayden Vorster (Graad 3)
• Estee-Mari Smit (Graad 4)
• Mia Kotzee (Graad 6)
• Kayla Ferreira (Graad 7)
• Leanne Coetzee (Graad 7)
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



