Twee leerders van Laerskool Roodekrans het baie goed gevaar tydens die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging-redenaarskompetisie.
Dawid-Louis Hatting (Graad 5) en Lehan Kruger (Graad 7) het na die Gauteng-rondte deurgedring. Dawid-Louis het ‘n sesde plek in die afdeling vir Graad 4’s en 5’s behaal, en Lehan het ‘n eerste plek in die afdeling vir Graad 6’e en 7’s behaal.
Lehan het na die nasionale eindrondte deurgedring waar hy ‘n 10de plek behaal het.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



