CrimeEditor's choiceNews

Roodepoort-buurtwaglede help om verdagte aan te keer

Samewerking tussen rolspelers help om misdaad te bekamp

 

Die lede van AfriForum se Roodepoort-tak het onlangs ‘n groot rol gespeel om ‘n vermeende grondbetreder aan te keer.

Fanie Naudé, dié tak se voorsitter het ‘n oproep van ‘n benoude gemeenskapslid ontvang en onmiddellik ‘n buurtwaglid gevra om ondersoek in te stel.

Lees ook:

https://roodepoortrecord.co.za/2017/05/02/speedster-escapes-after-being-caught-with-ak47/

Die lid het kort daarna bevestig dat daar wel ‘n betreder op die erf was, en het om bystand gevra. Nog vier AfriForum-patrolleerders, asook Apcan- en Dunmar-sekuriteitslede het by hom aangesluit. Hulle het die perseel gefynkam, die verdagte aangekeer en aan die polisie oorhandig.

“Dit is ’n baie goeie voorbeeld van ’n goed georganiseerde gemeenskap wat hard saam met plaaslike sekuriteitsmaatskappye en die polisie werk om misdaad te bekamp,” het Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Rand en Vaaldriehoek gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button