
Twee Laerskool Florida-leerders het baie goed presteer tydens die Sentraal-Gauteng Gimnastiekkampioenskappe.
Hulle het die Johannesburg Gimnastiekklub verteenwoordig.
Janrie Theart, Graad 7, het op vlak 8 (6–12 jaar) deelgeneem, en het twee goue- en twee silwermedaljes verower, en
‘n algehele tweede plek behaal.
Anya Theart, Graad 6, het op vlak 7 (6–12 jaar) deelgeneem, en het een silwer- en twee bronsmedaljes verower en ‘n algehele vierde plek behaal.
Albei het hul Sentraal-Gauteng kleure verwerf en vir deelname aan die Gauteng Kampioenskappe gekwalifiseer.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



