LettersOpinion

Dis ‘n skande, sies

Trienie Oosthuysen van Kloofendal skryf:

Op Saterdag, 15 September, het ‘n brand in die oop veld onder ons woonstelkompleks uitgebreek. Dit grens aan Kloofendal Natuurreservaat.

Een van die inwoners het dadelik die brandweerstasie in kennis gestel. Na ‘n uur sonder reaksie het sy weer gebel. Teen daardie tyd het die toe nog maklik beheerbare brand versprei, aangehelp deur wind.

Dieselfde vrou wat die tweede oproep beantwoord het, wou toe weet waar Kloofendal en Topazstraat is! Is daar nie in die beheersentrum kaarte van die omgewing nie? Ag ekskuus, dom ekke: daar is nie eers ‘n brandweerwa nie! Dis wat sy toe sê na die tweede oproep.

Drie verbouereerde bokkies het tussen die vlamme gehardloop. Ek kon nie sien wat van hulle geword het nie want teen daardie tyd was die rookwolke dig en verstikkend.

Terwyl ek skryf, twee uur later, smeul dit steeds … en ja, geen brandweer nie. Inwoners van huise wat aan die kompleks en oop veld grens, het met tuinslange probeer om die droë gras nat te maak. Dankie, julle.

Dalk kan ‘n woordvoerder van die brandweerdiens vir ons antwoorde gee, alhoewel ek nie my asem ophou nie.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button