Editor's choiceNewsSchools

Hories presteer by Rak-kunswedstryd

'n Totaal van 436 leerders het deelgeneem

 

Laerskool Horison het 436 leerders gehad wat hul talent by die jaarlikse kunswedstryd van die Roodepoortse Afrikaanse Kultuurvereniging (Rak) ten toon gestel het.

Die junior- en seniorkoor, sowel as twee spreekkore het ook deelgeneem, en die Graad 1- en die Graad 2 en 3-spreekkore het diplomas verwerf.

Van die 245 individuele deelnemers, het 81 diplomas (A++ simbool) en 102 A+ sertifikate verwerf, waarvan die meerderheid vir voordrag toegeken is.

CorineMarie van Hoogdalem, ‘n Graad 7-leerder het drie diplomas verwerf, terwyl Isabella Chaplin, ‘n Graad 6-leerder vier diplomas ingepalm het.

“Rak is ‘n wonderlike geleentheid vir die kinders om hul talente te ontwikkel, en dit is bemoedigend om te sien met hoeveel entoesiasme hulle hierdie geleentheid aangegryp het,” het Annamien Smith gesê.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Roodepoort Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button